Oos-Afrika gaan gebuk onder erge droogte

Dele van Somalië, Djiboeti, Ethiopië en Kenia in Oos-Afrika ondervind tans die droogste toestande en warmste temperature ooit. Wetenskaplikes skryf die huidige krisis aan  klimaatsverandering toe. Weens die toestand ondervind 13 miljoen mense ernstige tekorte aan kos en water. Na raming sal 25 miljoen mense teen die middel van die jaar dieselfde lot ervaar. Die huidige droogte in die streek tref veral kleinboere en veewagters baie erg. Kwesbare lande, soos die in Afrika, sal ook volgens kenners, die eerste lande wees wat ly onder voedseltekorte as gevolg van die oorlog in Oos-Europa.