Katutura-hospitaal se opknappings sedert April ’21 vertraag

Die Namibiese gesondheidsministerie, die Motorvoertuig-ongelukkefonds en Standard Bank Namibië het in April verlede jaar reeds die Katutura-staatshospitaal se noodeenheid-opknappings-inisiatief van stapel gestuur. Die Katutura-staatshospitaal het die grootste en besigste noodeenheid in die land en funksioneer as die hoofverwysings-noodeenheid in die land. Groot herontwerpe en opknappings was beplan, maar volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, is die opknappings vertraag en sal dit vanjaar hervat.