Lichtenstrasser se moordverhoor duur vandag voort
Die moordbeskuldigde en voormalige werknemer van die Namibiese Myn en Tegnologie Instituut, Ernst Lichtenstrasser se saak kom weer vandag voor regter Christie Liebenberg voor. Die 58-jarige Lichtenstrasser is in 2019 gearresteer en staar agt klagtes in die gesig wat verbind word met die moorde van NIMT se Uitvoerende Direkteur Eckhart Mueller en sy adjunk Heimo Hellwig op 15 April 2019 op Arandis. Lichtenstrasser het onskuldig gepleit op alle klagte.