Ongelukke deur ‘bloulig-brigade’ kos R651 000
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het bevestig daar was tussen 2018 en 2022 altesaam 51 ongelukke waarby lede van die BBP-beskermingseenheid, bekend as die bloulig-brigade, betrokke was. Dit het die staat meer as 651 000 Suid-Afrikaanse rand gekos. Cele sê daar was nie enige noodlottige voorvalle nie. Hy sê die ongelukke is weens botsings en skade wat deur voorwerpe aangerig is. Die meeste botsings was in Johannesburg en Tshwane.