SA-rybewyse nog vir 3 maande geldig, mits jy nou aansoek doen

Die Suid-Afrikaanse vervoerdepartement het beloof om aggressief te werk om die agterstand met rybewyse in te haal. Die hernuwingsagterstand, wat deur die Covid-19-grasietydperk veroorsaak is, sal teen September weggewerk wees. ‘n Woordvoerder, Collen Msibi, sê motoriste wat aansoek doen vir die hernuwing van hul lisensiekaarte voor die einde van hierdie maand, se rybewyse sal vir ‘n verdere drie maande geldig wees, op voorwaarde hulle is in besit van hul ou kaarte: