Russiese, Oekraïnse olietenkskipwerkers red drie in nood op see
Drie bemanningslede wie se boot in die Mosambiekse kanaal gesink het, is innig dankbaar nadat Russiese en Oekraïnse olietenkskipwerkers hulle gered het nadat hulle 14 uur op ‘n rowwe see in ‘n klein reddingsboot was. Casper Venter, ‘n oud-Suid-Afrikaner en sy twee bemanningslede het in Januarie uit Calgary in Kanada op ‘n drie maande seereis na die Karibiese eilande vertrek. Hulle het in die moeilikheid geraak toe hul seilag, die Lorrigray II in stormweer sowat 100 kilometer vanaf die kus van Madagaskar gesink het.