Paratus brei uit na die DRK

Die Paratus-groep het sy uitbreiding na die Demokratiese Republiek van die Kongo aangekondig. Dit val saam met die nuus dat Paratus, saam met die DRK-gebaseerde Global Broadband Solution, oftewel GBS, die regeringstender gewen het om ‘n 620 kilometer optieseveselnetwerkverbinding tussen Muanda, aan die weskus, na DRK se hoofstad, Kinshasa, te aktiveer. Paratus en GBS het FAST Congo gestig om die netwerkverbinding te lewer, te bedryf en in stand te hou in ‘n eksklusiewe 15 jaar lisensiekontrak. Rolf Mendelsohn, Paratus se hoof-tegnologiese beampte deel die goeie nuus met Kosmos 94.1 Nuus …

Mendelsohn het sê hulle het nog nie met hul bedrywighede begin nie, maar het pas die kontrak met die regering onderteken.