Nuwe tendense met veediefstal opgemerk

Die Namibiese polisie in Erongo vra die hulp van die publiek om vyf verdagtes op te spoor na 32 bees op die plaas Otjumue Nord naby Omaruru gesteel is. Daar is reeds drie verdagtes vas. Die vleis is volgens die polisie op Swakopmund verkoop. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo polisie sê daar is ‘n nuwe tendens in die toenemende gevalle van veediefstal.