Kankervereniging se uitreik in Erongo-streek ‘n reuse-sukses
Die Erongo-streek se kanker-uitreike het sy stoutste verwagtinge oortref, het Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, gesê tydens die vereniging se besoek aan dié streek. Vanoggend om tien-uur was prostaatkankertoetse vir mans op nadat hulle hierdie week elke dag gemiddeld 25 tot 30 mans getoets het. Tussen 50 en 60 vroue het by Usakos en Hentiesbaai opgedaag, en Swakopmund en Walvisbaai se vroue was 100 per dag. Riem onder die hart beslis, maar die vereniging is baie dankbaar dat hierdie program so, baie lewens raak en ‘n impak maak. Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…