ANC se NUK gaan dalk die naweek die staatskapingsverslag bespreek
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee gaan na verwagting hierdie naweek die staatskapingsverslag bespreek. Verskeie senior partylede is in die verslag betrek. Die komitee gaan ook die stand van die ANC-jeugliga en die -vroueliga bespreek. ‘n Verslag oor die vordering met provinsiale konferensies voor die party se nasionale konferensie aan die einde van die jaar, sal ook voorgelê word.