Afdanking van DA-raadslid geëis weens beweerde seksuele wangedrag

Die onderburgemeester van die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Wes-Kaap, John Michaels, doen ‘n beroep vir die afdanking van ‘n DA-raadslid wat van seksuele wangedrag beskuldig word. Dawid Jooste het in die Caledonse landdroshof verskyn op ‘n aanklag van seksuele teistering. Die DA sê hy het begin met sy eie formele interne proses om die bewerings te ondersoek en die saak is na sy federale komitee verwys. Michaels sê vroue moet teen oortreders beskerm word.