Tieners, die internet en die sosiale media platforms

Sosiale media speel ‘n belangrike rol in meeste tieners se lewens en hulle bring ure deur op platforms soos Instagram, Snapchat en Tiktok. Dit laat jongmense toe om aanlyn met vriende te gesels, inhoud te deel en belangstellings na te streef, maar daar bestaan ook talle gevare. ‘n Woordvoerder vir die sagtewaremaatskappy ESET, Kelly Payne, sê daar is sowat 10-miljoen Instagram-gebruikers in Suid-Afrika en die meeste van hulle is tieners.

Sy sê oop en eerlike kommunikasie speel ‘n sleutelrol om jong mense teen die gevare van sosiale media en hulle eie gedrag te beskerm.