Aanlyn musiekverkope bereik weer rekordsyfers
Wêreldwye musiek inkomste het verlede jaar met 18,5 persent gestyg, gedryf deur ‘n toename in luisteraars wat aanlyn op intekeningskanale hulle gunsteling musiek aangekoop en geluister het. Dit is die bedryf se sewende agtereenvolgende jaar van groei en dit het inkomste van amper 26 miljard Amerikaanse dollar aangeteken. Aanlyndienste het met 21,9 persent gegroei tot 12,3 miljard Amerikaanse dollar, met 523 miljoen gebruikers van betaalde intekeningrekeninge aan die einde van 2021.