Psigiatriese pasiënte val personeel aan, beskadig eiendomMarch 22, 2022

Die DA in Gauteng sê psigiatriese pasiënte in die Helen Joseph-hospitaal het die afgelope jaar 32 personeellede aangerand en omvattende skade aan die eiendom veroorsaak. Die LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het dit bekend gemaak na aanleiding van die party se vrae in die wetgewer. Die DA-lid Jack Bloom sê hierdie voorvalle het ontstaan weens ‘n reuse toename in psigiatriese pasiënte ná die brand by die Charlotte Maxeke Johannesburgse hospitaal wat gelei het tot die sluiting van sy psigiatriese eenheid: