Meisie, 5, brand dood in sinkhuis

‘n Vyfjarige meisie het in ‘n sinkhuis by Okwalondo in Ohangwena-streek doodgebrand. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Hambeleleni Shitenga se ma haar saam met die ander kinders van 15, 12 en een jaar oud by die huis gelos. Die ouer kinders het glo by die oshana gaan speel en die twee jongstes by die huis gelos. Hulle teruggehardloop huis toe hulle sien die sinkhuis is aan die brand en die eenjarige kind buite die deur van die brandende sinkhuis gekry. Die sinkhuis het tot as afgebrand en Hambeleleni se liggaam is in die puin gevind. Haar nadoodse ondersoek word by die Engela-staatslykshuis gedoen en die polisieondersoek duur voort.