Ravindra Jadeja is weer die veelsydigste krieketspeler
Krieket: Ravindra Jadeja van Indië is weer die beste veelsydige toetsspeler en het sy spanmaat Ravi Ashwin en Jason Holder van die Windies verbygesteek. Dit volg na sy onoorwonne 175 en nege paaltjies in die eerste toets teen Sri Lanka wat Indië met ‘n beurt en 222 lopies binne drie dae gewen het. Holder is nou in die tweede plek en Ashwin is derde. Die Australiërs Marnus Labuschagne en Pat Cummins is steeds die beste toetskolwer en -bouler onderskeidelik, terwyl die Indiese kolwer Virat Kohli terug is in die top vyf.