SA motoriste kan in Maart nóg meer opdok vir brandstofFebruary 19, 2022

Maartmaand gaan sleg afskop vir Suid-Afrikaanse motoriste. Die Outomobiel-assosiasie voorspel brandstofprys-verhogings van veel meer as ‘n rand per liter vanaf die eerste Woensdag van volgende maand. Die Sentrale Energiefonds se jongste data dui op ‘n styging van een-rand-25-sent per liter in die petrolprys, wat dit tot ‘n nuwe rekordprys van 21-rand-39-sent in Gauteng sal neem. Diesel kan met een-rand-29-sent per liter opskiet. Die AA skryf die stygings toe aan die hoë prys van ru-olie tot bo 90 Amerikaanse dollar per vat. Dit was ‘n jaar gelede sowat 60 dollar.