Nam-owerhede hou polio in Malawi fyn dop
Owerhede in Malawi het ‘n uitbreking van polio verklaar nadat ‘n kind in die hoofstad Lilongwe die virus opgedoen het. Dit is die eerste geval van polio in Afrika in meer as vyf jaar. Namibië word ook as ‘n land waar polio endemies voorkom beskryf en Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie Ben Nangombe gepraat.