Nuweland-stadion kom onder die hamer
Rugby: Die ikoniese Nuweland-stadion in Kaapstad kom onder die hamer. SA Rugby het die nuus bekend gemaak en sê die stadion sal in ‘n bodproses, wat verseël is, in die mark geplaas word. Volgens die administrateur van die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie, Rian Oberholzer, sal ‘n eksterne raadgewende paneel oor die proses toesig hou om te verseker die transaksie is deursigtig en uitsluitlik gebaseer op kommersiële meriete. Die sperdatum vir finale bindende voorleggings is 31 Mei, terwyl Saru hoop om teen die eerste week van Junie die transaksie af te handel.