Amper 25% reeds ingeënt
Die Namibiese gesondheidsministerie sê daar is 27 nuwe gevalle van Covid uit 994 toetse, wat ‘n positiewe koers van 2,7 persent verteenwoordig. Sewe leerlinge en twee studente is onder die groep. Daar is 63 pasiënte in die hospitaal met vier in hoësorg. Die ministerie sê net minder as 25 persent van die teikenbevolking is ingeënt en vir kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17, is 2,4 persent of 7 387 van 307 298, reeds ingeënt. Die herstelkoers is tans op net meer as 97 persent.