Lawaaierige Charlie kry nuwe huis
‘n Agtjarige raserige parkiet met die naam Charlie het nog ‘n kans in die lewe gekry danksy ‘n afleweringsmaatskappy en ‘n reddingsentrum vir voëls. Die Suid-Afrikaanse diereskuiling-alliansie se woordvoerder, Isabel Wentzel-Currie, sê Charlie se vorige eienaars was verantwoordelik genoeg om hom aan die DBV te oorhandig toe hulle nie langer met sy lawaai kon uithou nie. Sy sê BidAir Cargo PetLounge het hom na die Birds of Eden-skuiling in Plettenbergbaai geneem waar hy nou kan raas so hard as wat hy wil: