Korrupsie is ‘n menseregteskending

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die wêreld moet ophou om korrupsie te sien as politici wat geld steel, maar eerder as ‘n menseregteskending. Transparency International se jongste korrupsie-persepsie-aanwyser plaas Suid-Afrika op nommer 70 uit 180 lande. Amnestie Internasionaal sê elke sent wat deur korrupsie verlore gaan, word gesteel by ‘n persoon wat ‘n reg het op waardigheid, behuising, water en gesondheidsorg. Hy voeg by dis ontstellend dat die mense wat veronderstel is om die staatskas op te pas en ontwikkeling te bevorder, kon toelaat dat staatskaping gebeur.