Jongste oor Suide-damme…
Die jongste dambulletin van NamWater is uitgereik vir ‘n opdatering van damvlakke in die Suide van die land. Hardapdam is op die oomblik op 72,2 persent van kapasiteit en invloei het skerp afgeneem na 38,2 kubieke meter per sekonde teen Dinsdagoggend. Die sluise is reeds Maandag toegetrek. Nautedam by Keetmanshoop is op die oomblik 102 persent vol en invloei het reeds Maandag gestaak. Verder Suid, het Neckartal 102,3 persent met invloei wat steeds op 257,9 kubieke meter per sekonde gemeet is. Die dam is so ontwerp om oor te loop. Daar is turbines in die damwal vir die opwekking van elektrisiteit sou water uitgepomp word maar, die groenskema is nog nie in plek nie.