Dordabis-polisie soek inligting oor moord op jong vrou
‘n Polisiehelikopter het pas in die gebied aangekom waar die verminkte liggaam van die 23-jarige Lydia Garises in die gebied van Stinkwater naby Dordabis gevind is. Garises het Saterdagaand ‘n troue bygewoon en sy is laas tussen tien-uur en 11-uur die aand gesien. Haar liggaam is gisternamiddag deur ‘n lid van die publiek gevind. Volgens die polisie is Garises, wat ‘n tien-maande-oue baba het, ook verkrag. Die gemeenskap van Stinkwater is volgens berigte besig om die vermeende moordenaar in die Schaaprivier te jaag. Adjudant-offisier Elvis Kavari, Dordabis se stasiebevelvoerder, doen ‘n beroep op die publiek om inligting te verskaf.