SAIR: Verpligte inentingsbeleid moet deur feite ondersteun word
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge moedig die regering aan om seker te maak enige verpligte inentingsbeleid word ondersteun deur wetenskaplike feite en nie raaiwerk nie. ‘n Meta-ontleding wat verlede maand in Lancet gepubliseer is, wys die beskerming wat verleen word deur herstel, is net so robuus, bestendig en aanpassend as dié van bekende entstowwe, indien nie meer nie. Gabriel Crouse van die instituut sê daar is etiese implikasies en die regering moet dringend bepaal hoeveel mense alreeds ‘n hoë mate van herstellende beskerming teen Covid-19 het. Discovery het in middel Augustus geskat dat tot 80 persent van burgers besmet was en reeds herstel het.