Nuwe burgemeester van Ekurhuleni gaan nie vandalisme duld nie
Die nuwe burgemeester van Ekurhuleni aan die Gautengse Oos-Rand, Tania Campbell, sê vandalisme en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur kan nie langer in die stad geduld word nie. Campbell het Bedfordview besoek, waar Eskom onverpoosd werk om die herstelwerk te versnel ná skade aan ‘n Eskom-kabel. Die kabel is beskadig tydens ‘n poging tot kabeldiefstal. Campbell voeg by die doelbewuste vernietiging of beskadiging van openbare of privaat eiendom beïnvloed die ekonomie en die inwoners se lewensbestaan.