Theuns Jordaan se gedenkdiens vind môre plaasNovember 25, 2021

Die geliefde en bekende Afrikaanse sanger Theuns Jordaan se gedenkdiens vind môre plaas in die NG Kerk Moreletapark in Tshwane. ‘n Woordvoerder sê net 100 begrafnisgangers sal toegelaat word, maar aanhangers sal die diens regstreeks kan kyk op verskeie stromingsdienste soos onder meer Jordaan se Facebook-blad. Die sangers Bok van Blerk en Dozi sal huldeblyke lewer. Jordaan het verlede Woensdag gesterf ná ‘n stryd met kanker. Hy was bekend vir liedjies soos Sal jy bly en Soos bloed. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *