9 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig
Die Namibiese gesondheidsministerie het 9 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.Otjiwarongo het 3,Windhoek en Swakopmund 2 elk en Oshakati en Rehoboth 1 elk.Daar is steeds 57 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 129 085.Die totale sterftesyfer is tans 3 569.