Verbruikersorganisasie sê nuwe burgemeester van Kaapstad moet beloftes nakom

Die verbruikersorganisasie, Stop the City of Cape Town, sê die pas aangestelde nuwe burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het vele beloftes gemaak toe hy gister ingehuldig is. Die woordvoerder, Sandra Dickson, sê sy hoop hy sal van Kaapstad ‘n stad maak waarop inwoners kan trots wees. Sy moedig Hill-Lewis aan om by die doelwit te hou en die metro ‘n voorbeeld te maak van ‘n plek waar politici se beloftes nagekom word. Dickson sê sy het hoop vir die nuwe raad.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *