Kaapstad verwelkom sy jongste burgemeester
Die DA het die verkiesing van sy kandidaat, Geordin Hill-Lewis, tot burgemeester van Kaapstad verwelkom. Die 34-jarige Hill-Lewis het die jongste persoon nog geword om die posisie te beklee. DA-leier John Steenhuisen sê die party het volle vertroue in hom om die stad te lei en voort te gaan om die DA se mandaat van skoon regering voort te sit. Steenhuisen sê Kaapstad is die enigste groot metro in die land waar ‘n politieke party ‘n volstrekte meerderheid behaal het. Dit is ook die enigste groot metro waar ‘n raadsvergadering al gehou kon word.