Namcor-werkers moet teen 19 Nov. ent
Die nasionale petroleummaatskappy, Namcor, het sy werknemers tot 19 November gegee om hul eerste of tweede dosis Covid-inenting te kry. Immanuel Mulunga, die hoof van Namcor het in ‘n brief op 1 Oktober opdrag gegee dat die maatskappy die reg het om sy werknemers te beskerm, en daarom moet hulle ingeënt word. Mulunga het aan Namibiese media gesê dit is ‘n manier om Namcor se personeel aan te moedig om voor ‘n sekere datum ingeënt te word, maar dit is nie ‘n ultimatum nie.