Kommer oor steek-insidente in Britse nagklubs

Britse studente oorweeg om nagklubs te boikot ná ‘n toename in voorvalle van vroue wat met inspuitings bedwelm is. Die minister van Binnelandse Sake, Priti Patel, het ‘n beroep op die polisie gedoen om hulle op hoogte te bring oor voorvalle. Studente vra vir ‘n boikot om te verseker, wat hulle ‘n uitbreek van dwelmaanvalle noem, word ernstig opgeneem. Bitse media berig ‘n 20-jarige man is borgtog toegestaan ná sy inhegtenisneming in Nottingham in verband met die ondersoek. ‘n Meisie het op Facebook beskryf hoe haar suster bedwelm is en niks kon onthou van wat daarna gebeur het nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *