Eskom sê geen beurtkrag tot na die verkiesing
Eskom se hoof, André de Ruyter, sê beurtkrag word môreoggend opgehef en sal hopelik eers weer ná volgende maand se verkiesing ingestel word. Fase 2-beurtkrag word sedert Donderdag toegepas. De Ruyter sê Eskom het ‘n tekort van tussen vier- en vyfduisend megawatt in opwekkingsvermoë.