President Ramaphosa praat weer môre met Suid-AfrikanersJuly 24, 2021
President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika gaan die land weer môre toespreek. Die waarnemende minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die aankondiging gedoen tydens haar daaglikse nuuskonferensie oor die onrus in die buurland. Hy sal volgens berigte ook die Covid-pandemie onder die loep neem.