Geen visvangpermitte oor naweke uitgereik nieJune 14, 2021
Die Namibiese ministerie van visserye het aangekondig dat al sy kantore wat algemene visvangpermitte uitreik voortaan gesluit sal wees oor naweke en op vakansiedae. Luidens ‘n openbare kennisgewing wat deur die waarnemende uitvoerende direkteur Uerithiua Kauaria uitgereik is, sal die kantore alleenlik oop wees op normale werksure, Maandag tot Vrydag.