20 skole beskadig in KZN tornado

Die Departement van Onderwys in KwaZulu-Natal het bevestig nagenoeg 20 skole is deur die onlangse tornado beskadig. Volgens die departement se woordvoerder, Muzi Mahlambi, is planne gereed om leerders wat geraak is, op te spoor na die ontwrigting van die halfjaar-eksamen. Intussen verleen organisasies sonder winsoogmerk en noodspanne bystand om die beskadigde infrastruktuur te herstel. Die koste van die skade moet nog bepaal word.