20 dood in Isreali aanval op Gaza-vlugtelingkamp
Minstens 20 mense is dood en dosyne gewond in Israeliese aanvalle op die Jabalia-vlugtelingkamp in noordelike Gaza, berig Reuters. Dokters Sonder Grense, of MSF, sê duisende mense is in die kamp vasgekeer. In ‘n plasing op X, sê eksterne MSF-projekkoördineerder Sarah Vuylsteke “niemand word toegelaat om in of uit te gaan nie”. Wêreldleiers het ook aanvalle op die Verenigde Nasies se vredesmagte deur Israeliese magte veroordeel ná ‘n tweede voorval binne 48 uur in die suide van Libanon. Twee Sri Lankaanse soldate is in die voorval gewond.