20 aasvoëls word vrygelaat

‘n Oos-Kaapse koördineerder vir die aasvoëlbewaringsorganisasie Vulpro, Kate Webster, sê 20 jong Kaapse aasvoëls wat in aanhouding uitgebroei het en deur ‘n koerierdiens by haar bewaringsentrum vir aasvoëls afgelewer is, pas goed aan. Die jong aasvoëls was die kuikens van geredde aasvoëls in Hartebeespoort, Noordwes. Webster het verduidelik hulle is ‘n spesiale groep, aangesien hulle die grootste groep aasvoëls is wat in aanhouding uitgebroei het en in ‘n ander provinsie in Suid-Arika vrygelaat sal word. Die voëls sal ‘n maand lank akklimatiseer voordat hulle met opsporingstoestelle vrygelaat word.