20 000 kom bymekaar vir Kaapse Comic-Con

Afrika se grootste popkultuur- en speletjie-fees het by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum tot ‘n einde gekom. Comic Con-woordvoerder, Carol Weaving, sê die fees is die afgelope naweek vir die eerste keer in die Moederstad aangebied, waar strokiesprent-aanhangers en speletjie-entoesiaste, aantrekkompetisies, speletjie-arenas, die jongste in die speletjie-wêreld, rolprent-aanbiedings en -animasie beleef het. Weaving sê die fees het meer as 200 uitstallers gehad en ongeveer 20 000 besoekers gelok: