1GB-data: Namibië is 6de duurste in Afrika

High Economic Intelligence in die hoofstad het ‘n ontleding gedoen van datakostes in Afrika-lande Suid van die Sahara. Namibië is onder die lande die sesde duurste land en dit kos plaaslik 10 Amerikaanse dollar en 52 sent vir een gigabyte se data. Die duurste land is Sao Tome en Principe waar ‘n gigabyte 29 Amerikaanse dollar 49 sent kos. Botswana betaal 15 Amerikaanse dollar en 55 sent. Kaap Verde is die goedkoopste onder die duurste lande met ‘n koste van 4 dollar 30 sent. Die goedkoopste land in die wêreld is Israel waar ‘n gigabyte 0,04 Amerikaanse sent kos terwyl Nepal en Uruguay die duurste onder die groep is met ‘n koste van 27 sent. In Indië kos ‘n gigabyte 17 Amerikaanse sent.