196 hulpwerkers tot dusver in Gaza dood

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die dood van sewe humanitêre hulpwerkers in Gaza veroordeel. Die sewe slagoffers, wat vir World Central Kitchen gewerk het, is dood toe hul konvooi vanuit die lug deur ‘n Israelse hommeltuig aangeval is. Drie van die vermoorde hulpwerkers was Britse burgers. ‘n Poolse burger, ‘n Australiër, ‘n Palestyn en ‘n Amerikaans-Kanadese burger is ook vermoor. Guterres sê die aanval is gewetenloos, maar dit is ‘n onvermydelike gevolg van die manier waarop die oorlog gevoer word. Tot dusver is 196 hulpwerkers in die oorlog dood, waarvan 175 vir die VN gewerk het.