191 moordklagtes teen Kenia se kultusleier

Die Keniaanse kultusleier Paul Mackenzie en 29 medewerkers is aangekla van die moord op 191 kinders wie se liggame gevind is onder meer as 400 wat in ‘n woud begrawe is. Die beskuldigdes het almal die aanklagte wat voor ‘n hof in die kusdorpie Malindi gebring is, ontken. Een verdagte is geestelik ongeskik bevind om verhoor te word. Aanklaers sê Mackenzie het sy volgelinge beveel om hulself en hul kinders tot die dood uit te honger sodat hulle hemel toe kan gaan voordat die wêreld eindig, in een van die wêreld se ergste kultusverwante rampe in onlangse geskiedenis.