191 in Oktober gearresteer vir dwelms
NamPol het bekendgemaak dat 191 verdagtes in Oktober in hegtenis geneem is vir dwelm-verwante oortredings. Onder hulle was 177 Namibiërs, vyf Zambiërs, twee Tanzaniërs en twee Kongolese. ‘n Burger van elk van die volgende lande is gearresteer: Angola, Burundi, Kuba, Zimbabwe en Nigerië. Daar is beslag gelê op altesaam 265 818kg dagga, 1 419 Mandrax tablette, 186 eenhede crack-kokaïen, 10,37 gram kokaïen en sewe kapsules MDMA.