18 vermeende migrante dood in Griekse brande
Die verkoolde liggame van 18 mense is naby ‘n dorpie in die noorde van Griekeland gevind, terwyl veldbrande steeds die land teister. Aanvanklike verslae dui daarop dat die mense wat gesterf het dalk migrante was. Hierdie vonds bring die totale dodetal na die week se brande in Griekeland op 20 te staan. Die brandweerdiens sê daar word ondersoek ingestel dat die slagoffers die land onwettig binnegekom het, aangesien daar geen berigte van vermiste inwoners was nie. Griekeland is een van verskeie Europese lande waar tans ‘n groot brandgevaar heers.