18 uit 21 partye sluit by ECN in Johannesburg aan

‘n Afvaardiging van die Namibiese Verkiesingskommissie en 18 politieke partye het vertrek vir Johannesburg om die druk en verpakking van stembriewe vir die plaaslike verkiesings waar te neem. Die proses het ‘n herrie ontketen met die maatskappy Ren-Form wat betrek is by korrupsie van miljoene dollar in Zimbabwe. Die Christian Democratic Voice, die PDM en die Republikeinse Party het nie lede gestuur nie. Die spannetjie word weer op 29 Oktober terug in die land verwag. Vrae word gevra oor die kostes daaraan verbonde.