18-jarige in hegtenis na jong kinders se moorde

Die polisie in Mpumalanga het die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza in ‘n vlak graf in Pienaar gevind. Die woordvoerder, Donald Mdhluli, sê sy is vroeër die week as vermis aangemeld. Intussen is ‘n 18-jarige seun in hegtenis geneem in verband met die moord op die meisie en ook dié op die sesjarige Junior Mabandla, wie se liggaam Woensdag ook in ‘n vlak graf ontdek is. Mdhluli sê die verdagte ontvang tans mediese behandeling nadat inwoners hom aangerand het.