17 mense in twee afsonderlike voorvalle in Oos-Kaap vermoor

Sewentien mense, insluitend 15 vroue, is in afsonderlike aanvalle in Lusikisiki, Oos-Kaap, doodgemaak. Dertien slagoffers, twaalf vroue en ʼn man is in een huis aangetref terwyl nog vier in ʼn ander woning vermoor is. Een persoon se beserings is kritiek. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ʼn soektog na die aanvallers is op tou gesit.