16 Sterf in Nigeriese Delta-staat


Sestien Nigeriese soldate is dood in ‘n sending om gevegte tussen twee gemeenskappe in die suidelike Delta-staat te keer. ‘n Weermagwoordvoerder sê die troepe, wat in die Bomadi-streek ontplooi is, het op die konflik in die Okuoma-gemeenskap gereageer toe hulle gesneuwel het. Daar is gereeld skermutselinge, soms dodelik, oor grond of vergoeding vir oliestortings deur energiemaatskappye in die talle gemeenskappe in die Delta-staat.