16 Dae van Aktivisme-dialoog by Franco-Namibiese Kultuursentrum
Regain Trust, met ondersteuning van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds en EU-befondsing, sal ‘n “Intergenerational Dialogue”-geleentheid tydens die 16 Dae van Aktivisme in die Khomas-streek hou. Die geleentheid vind vanaand by die Franco Namibiese Kultuursentrum plaas. Die geleentheid het ten doel om oop, samewerkende voorkomingstrategieë tussen adolessente, jongmense en hul ouers of voogde te bevorder, om die gapings in geïsoleerde betrokkenheidsmodelle te oorbrug. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van Regain Trust, James Itana, wat meer inligting gee.