16 dae: Skuilings is toe, geweld duur voort

Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld kom môre tot ‘n einde te midde van voortdurende uitdagings. Plaaslike mediaberigte sê nie een van die agt skuilings vir slagoffers daarvan in staatsbesit is in werking nie. Dit is glo weens ‘n gebrek aan personeel. Kosmos 94.1 Nuus het met die ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat oor die skuilings. Hy sê die regering het goeie werk gedoen in terme van die aanspreek van geslagsgeweld, en dit is die regering se plig om die skuilings te ondersteun, maar mens hoor niks daarvan nie.